LSO Nuus 16 Februarie

  1. Laerskool Olifantsvallei het vanjaar behoorlik Valentynsdag gevier soos u op al die foto’s kan sien. ‘n Opregte woord van dank aan ons prefekte en hul ouers asook me. Leandré Claassen en mnr. Henlo Davel vir hul inisiatief en moeite om Valentynsdag nog meer spesiaal vir ons leerders te maak.
  2. Op Saterdag, 10 Februarie 2018, het 21 van ons skool se atlete gaan deelneem aan die Wes-Boland-byeenkoms te Moorreesburg. Ons is baie trots om u te kan meedeel dat vier van ons atlete deur is na die Boland-byeenkoms. Baie geluk aan: Junior Dirks (2de plek in 60m en 1ste plek in 80m), Cayron Oerson (4de plek in 70m-hekkies), Mia-Lize Van der Vyver (4de plek in gewigstoot) en Jacquin Jacobs (4de plek in die 80m). Hierdie vier atlete neem môre aan die Boland-byeenkoms te Dal Josafat Stadion in die Paarl deel. Sterkte aan hierdie atlete – ons is baie trots op hierdie uitsonderlike prestasie.
    1. Op Saterdag, 10 Februarie 2018, het van ons tennisspelers aan die Wilson Tennnis-toernooi te Stellenbosch deelgeneem. André van Zyl het 1ste en Nina Engelbrecht 3de in die B-Liga (Silwerplaat) geëindig. Baie geluk en ons is baie trots op hulle! Ons tennisspan het ook op Dinsdag, 13 Februarie 2018, kragte teen Riebeek Kasteel gemeet. Hulle was ‘n baie sterk skool, maar ons spelers het nie moed opgegee nie. Hulle het steeds elke pot, kop om hoog, gespeel. Mia-Lize

    van der Vyver het haar puik van haar taak gekwyt en haar enkels 6 – 4 gewen. Baie geluk! Die volgende wedstryd sal op Dinsdag, 20 Februarie 2018, te Porterville plaasvind.

  1. n Hoërskool Piketberg van Maandag skuif na Donderdag, 22 Februarie 2018. Die bus vertrek direk na skool, daarom moet die leerders hul middagete, water en sonblok saambring skool toe.
  2. Voornemende ouers neem asseblief kennis van die belangrike datum wat onthou moet word wanneer u vir 2019 by Laerskool Olifantsvallei om ‘n plek vir u kind aansoek doen: Inskrywings sluit op 23 Maart 2018 / Ouers word in kennis gestel teen 22 Junie 2018 / Ouers bevestig aanvaarding voor 23 Julie 2018  / Skool vul beskikbare plekke in derde kwartaal.
  3. Die Uitnodigingsgala was weer ‘n groot sukses met 13 skole wat deelgeneem het. Baie dankie aan die OOV vir die heerlike versnaperinge. Baie geluk aan elke leerder vir die puik prestasies en almal se goeie sportmangees. Laerskool Olifantsvallei wen 16 goue medaljes, 15 silwer medaljes en 20 brons medaljes. Oorhandiging van medaljes sal tydens Maandag se saalbyeenkoms plaasvind. Baie geluk aan die volgende leerders wat rekords verbeter het: Christie Engelbrecht (60m Vryslag en 30m Vryslag), Carine Röntgen (30m Vryslag, 60m Borsslag, 60m Vryslag en 30m Vlinderslag), Dieter Naudé (60m Vryslag en 30m Vlinderslag), Nina van der Merwe (30m Vryslag) en Zian Naudé (60m Borsslag.)
  1. Die onderwysers hou Markdag op 2 Maart 2018! Kom ondersteun asseblief vir Laerskool Olifantsvallei. Sien aangehegte bestelvorm wat asseblief voor/op 26 Februarie 2018 terug by die skool moet wees.

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *