LSO Nuus 23 Februarie

  1. Laerskool Olifantsvallei is baie trots op ons nuwe graad 1-leerder,

       Junior Dirks, wat ‘n 2de plek in die Boland Atletiek-byeenkoms behaal het.                      Dit beteken dat hy die tweede vinnigste 60m atleet in sy ouderdom (O/7) in die            hele Bolandstreek is. Junior kan ongelukkig nog nie aan die SA’s deelneem nie,            aangesien atlete eers van 10 jarige ouderdom daaraan kan deelneem.

        Baie geluk met hierdie puik prestasie!

         Hou hierdie atleet dop, want hy het baie potensiaal om nogver te kom met sy                talent.

  1. Baie sterkte aan ons tweekamp-atlete wat môre aan die Boland Kampioenskappe te Wellington gaan deelneem. Baie sterkte aan elke atleet, want die Bolandspan wat SA’s toe gaan, word tydens hierdie byeenkoms gekies en so ook die top 3-tweekamp skole in die Bolandstreek.
  1. Ons tennisspanne het die week teen Porterville kragte gemeet. Dankie aan elke speler vir hul goeie sportmangees. Die eerste span het ongelukkig 8 – 4 verloor en die tweede span het gelykop gespeel.

        Neem asseblief kennis dat ons op Dinsdag, 6 Maart 2018, teen Dirkie Uys te                Moorreesburg speel. Verdere inligting sal later aan die spelers deurgegee word.            Die wedstryde wat op Donderdag, 8 Maart 2018, sou plaasvind is deur Piketberg          gekanselleer as gevolg van hul toetsreeks wat dan reeds begin het.

  1. Baie sterkte aan ons leerders wat op 27 Februarie aan die Gericke Uitnodigingsgala gaan deelneem.
  1. Die O/13-Krieketspan het op Woensdag, 21 Februarie 2018, kragte teen Porterville gemeet. Porterville het eerste gekolf en kon net daarin slaag om 30 lopies aan te teken. Ons manne het hulle telling in die derde beurt verbygesteek en wen die wedstryd met 8 paaltjies. Baie geluk!

         Op Donderdag, 22 Februarie 2018, wen ons O/13-krieketspan vir Hoërskool                   Piketberg met 66 lopies. Ons is baie trots op hulle!

  1. Die O/11-krieketspan het gister kragte teen Hoërskool Piketberg gemeet. Ons het die loot gewen en ons het eerste gekolf. Die beste kolwer was Paul-Louis Röntgen met 34 lopies. Die beste bouler was Cyril met 1 paaltjie. Die veldwerkers van die dag was Christie Engelbrecht en Shermario Marshall. Laerskool Olifantsvallei het met 34 lopies gewen. Baie geluk!
  1. Die skool het heelwat sluitkassies beskikbaar, wat minimaal gebruik word. Kostes daaraan verbonde is slegs R30 per kwartaal. Leerders kan sodoende hul take, ekstra boeke, ensovoorts veilig bêre. Ouers voorsien die slot en ’n spaar sleutel word in die kantoor gehou vir indien die leerder sy/haar sleutel verloor of vergeet. Leerders wat belangstel, moet so spoedig moontlik hul name by mev. Vorster ingee, sodat ’n spesifieke nommer aan elke leerder toegeken kan word.
  1. Neem asseblief kennis van ons Beheerliggaam Verkiesing op Maandag, 12 Maart 2018, om 18:00 in die skoolsaal. Indien daar nie ‘n korum bereik kan word nie, sal dit weer op Donderdag 15 Maart 2018, gehou word. Nominasie-vorms kan by die kantoor afgehaal word en in die stembus geplaas word.
  1. Die somer-interskole teen Augsburg Landbougimnasium vind volgende week by ons plaas. Neem asseblief kennis van die volgende datums:
  • Maandag
    • 26 Februarie 2018 O/13-Krieket (15:00)
  • Woensdag
    • 28 Februarie 2018 Mini-krieket twee spanne (13:30)
    • O/11-Krieket (15:00)
  • Donderdag
    • 1 Maart 2018 Tennis – 4 seuns / 4 dogters (13:00)
    • Swem (16:30) Beste 3 swemmers van swemgala.
  1. Ons wil vir al ons leerders ‘n veilige hawe skep, waar hulle elke dag die lewekan    geniet.

    Daarom het ons ‘n nuwe projek begin waar leerders wat moontlik deur boelies      gepla word, te help. Ons wil ons kinders teen boelies beskerm, maar aan die           ander kant moet ons hulle ook bemagtig om dit te kan hanteer. ‘n “Anti-Boelie-    houtboksie” sal in die gang opgesit word, waar leerders briefies kan ingooi. Hulle  sal tydens Maandag se saalbyeenkoms meer inligting ontvang.

  1. Rugby Skills and Development se rugbykliniek was ’n groot sukses verlede jaar en ons hoop om weer ‘n groot opkoms te hê. Die jong opkomende rugbyspelers het dit vreeslik geniet! Oefentye vir Graad 1 tot 3-leerders is Woensdae om 13:05 tot 13:35. Besoek gerus hul webtuiste indien u meer inligting benodig: rsd4kt.co.za of kontak Raymond Henwick by:

        021-8895643 / 079 948 1028 / raymond@rsd4kt.co.za

  1. Die O/12-netbal, O/13-netbal en O/13-rugbyoefeninge begin reeds op 5 Maart 2018. Die eerste wedstryde vind op 23 Maart 2018 te Porterville plaas.
  1. Graad 1 en 2-tennisoefeninge en tweekamp oefeninge gaan nog voort, maar alle ander somer sport eindig op 8 Maart 2018.
  1. Ons ondervind heelwat probleme om ouers te kontak en u samewerking in verband hiermee sal opreg waardeer word! Stel die skool asseblief dadelik in kennis as u selfoonnommer Een of albei ouers moet ten alle tye gekontak kan word, anders kan u ’n alternatiewe nommer aan ons deurgee. Indien ’n leerder beseer of siek word en ouers nie bereik kan word nie, plaas dit die skool in ‘n moeilike situasie.

        U samewerking in verband hiermee sal opreg waardeer word.

  1. Indien daar nog enige ouer(s) is wat graag sal wil hê dat hul kinders aan die Podiumpret lees- en redenaarskompetisie moet deelneem, moet hul asseblief so vinnig moontlik met mev.Steyn in verbinding tree. Die eerste ronde van hierdie kompetisie vind reeds 8 Maart 2018 plaas. Alhoewel ons reeds aan die begin van die jaar ouers oor hierdie kompetisie ingelig het, is daar tot dusver baie min inskrywings.
  1. Ons benodig ou tydskrifte vir ons remediëring klasse en sal dit waardeer as u dalk al u ou tydskrifte skool toe kan stuur.
  1. Die toetsreeks begin op Maandag, 12 Maart 2018. Alle leerders sal op 26 Februarie 2018, hul afbakening per vak ontvang, wat in hul boeke geplak moet word. Aangeheg is die toetsrooster vir u gerief.
  1. Ons jaarlikse Eisteddfod vind op Vrydag, 20 April 2018, plaas. Sterkte aan al die leerders met hul oudisies.
  1. ‘n Opregte woord van dank aan Janneman Nieuwoudt (JJ Engenering) vir die borg van ons tweekamp-atlete se sakke. U positiewe gesindheid teenoor Laerskool Olifantsvallei word waardeer.
  1. Die onderwysers hou Markdag op 2 Maart 2018! Kom ondersteun asseblief vir Laerskool Olifantsvallei. Sien aangehegte bestelvorm wat asseblief voor/op 26 Februarie 2018 terug by die skool moet wees. Sit asseblief die korrekte bedrag in ‘n koevert saam met bestelling!   

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *