LSO Nuus Maart 2018

  1. Baie geluk aan ons tweekamp span wat aangewys is as die tweede beste Laerskool Tweekampspan in die Bolandstreek! Ons is ongelooflik trots op hierdie prestasie.

Die volgende atlete was medalje wenners tydens die Boland-Kampioenskappe:

Anné van Zyl (Silwer – Dogters O/8), Carine Röntgen (Goud – Dogters O/9), Dieter Naudé (Goud – Seuns O/9) en Christie Engelbrecht (Silwer – Seuns O/11).

‘n Besondere woord van gelukwensing aan Dieter Naudé wat die Provinsiale en Suid-Afrikaanse rekord van Seuns O/9 verbeter het! Ons is baie trots.

Baie geluk ook aan die volgende atlete wat gekies is om op 30 – 31 Maart 2018 aan die SA-byeenkoms te Gauteng Noord te gaan deelneem:  Elizabeth Coetzer, Carine Röntgen, Dieter Naudé en Christie Engelbrecht.

Die skole-span wat Laerskool Olifantsvallei tydens die SA’s sal verteenwoordig is:

Esti Burger, Liani Nieuwoudt, Mia-Lize van derVyver, Paul-Louis Röntgen, Nina Engelbrecht, André van Zyl, Zian Naudé, Carine Röntgen, Dieter Naudé, Elizabeth Coetzer en Christie Engelbrecht.

2. Ons O/13-krieketspan het op Maandag, 26 Februarie, hul interskole wedstryd teen Augsburg Landbougimnasium gespeel. Ons het besluit om eerste te kolf en kon net daarin slaag om 46 lopies aan te teken. Dugan Hanekom teken 18 lopies aan en Llewellyn Fransman 12. Die manne moes toe teen ‘n baie lae telling veldwerk doen. Met akkurate boulwerke en uitmuntende veldwerk kon ons daarin slaag om die wedstryd met 7 lopies te wen! Wat ‘n oorwinning! Ons is baie trots op hierdie seuns!

3.Op Woensdag, 28 Februarie 2018, het die mini-krieket interskole plaasgevind. Die manne het dit vreeslik geniet. Dit was sommige spelers se eerste wedstryd. Ons het ongelukkig albei wedstryde verloor, maar stap met trots weg. Dankie aan die “Mamma’s” vir hul pragtige gees en ondersteuning van ons spelers.

4.Die interskole swemgala het Laerskool Olifantsvallei oortuigend gewen en ons wens elke swemmer geluk met hul pragtige sportmansgees!

5.Die tennisinterskole het hierdie jaar ‘n nuwe baadjie aangetrek en ons opponente verwelkom met die oorhandiging van ‘n koeldrank, ‘n sjokolade en ‘n stewige handdruk deur me. Carla Hough. Spangees het hooggety gevier! Die dogtersspan het goed gevaar, maar net-net verloor. Ons seunsspan het goeie wedstryde gehad, maar Augsburg Landbougimnasium was net te sterk. Die middag het ons afgesluit met gemengde dubbels wat groot pret verskaf het.

 

Neem asseblief kennis dat dieselfde dogters- en seunspanne Dinsdag, 6 Maart 2018, teen Dirkie Uys kragte sal meet. Die vertrektyd van die bus sal Maandag aan die spelers deurgegee word.

6.Die O/11-krieketspan het op 21 Februarie 2018 kragte gemeet teen Hoërskool Piketberg. Ons het die lood gewen en besluit om eerste te kolf. Die beste kolwer was Paul-Louis Röntgen met 34 lopies. Die beste bouler van die wedstryd was Cyril Titus met een paaltjie. Die veldwerkers van die dag was Christie Engelbrecht en Shermario Marshall. Ons het die wedstrydgewen met 34 lopies. Baie geluk aan die O/11’s wat hierdie wedstryd met lof gewen het. Hulle maak ons werklik trots.

Op Woensdag, 28 Februarie 2018, het ons Interskole teen Augsburg Landbougimnasium gespeel. Hulle het die lood gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Die beste kolwer was Paul-Louis Röntgen en die beste bouler was Mcalister Boer. Die veldwerker van die dag was Christie Engelbrecht. Dit was ‘n goeie wedstryd, maar ongelukkig moes ons die knie buig.

7.Baie geluk aan die volgende swemmers wat aan Gericke

  se swemgala deelgeneem het:

Vlinderslag:  Mia-Lize van der Vyver (Goud), Dieter Naudé

(Goud), Carine Röntgen (Goud), Christie Engelbrecht (Goud),

Zian Naudé (Goud), Nina Engelbrecht (Goud) en Paul-Louis

Röntgen (Brons).

Rugslag:  Dieter Naudé (Goud),Carine Röntgen

(Goud en ‘n nuwe rekord), Esti Burger (Silwer) en Christie

Engelbrecht (Silwer).

Borsslag:  Alizmi van der Vyver (Goud), Dieter Naudé (Goud),

Mia-Lize (Goud), Carine Röntgen (Silwer), Paul-Louis

Röntgen (Silwer), Herman Engelbrecht (Brons) en

Zian Naudé (Brons).

Vryslag:  Wian van der Merwe (Goud), Dieter Naudé (Goud),

Carine Röntgen (Goud en nuwe rekord), Mia-Lize van der

Vyver (Goud), Christie Engelbrecht (Goud), Nina Engelbrecht

(Silwer), Alizmi van der Vyver (Silwer), Elizabeth Coetzer

(Brons), Esti Burger (Brons) en Herman Engelbrecht (Brons).

Carine verbeter 2 rekords

8.Baie sterkte aan ons O/11-, O/12 en O/13-netbaldogters wat op Donderdag, 22 Maart 2018, aan die netbalproewe te Piketberg sal deelneem.

9.Ons herinner u net weer daaraan dat die O/12- en O/13-netbaldogters asook die O/13-rugbyseuns op Maandag, 5 Maart 2018, met oefening begin. Hierdie spanne neem aan Hoërskool Porterville se Sportdag deel, wat op 23 Maart 2018, plaasvind.

10.Baie sterkte aan ons mini-krieket spelers wat op môre aan die jaarlikse Mini-Krieketdag van Laerskool Koue Bokkeveld deelneem. Die dag is daarop gemik om spelers te ontwikkel. Spelers wat hieraan gaan deelneem het reeds briewe ontvang.

11.Ons skool is weer uitgenooi om aan die Conquesta Olimpiade deel te neem. Elke leerder het reeds hul inskrywingsvorm ontvang. Let asseblief daarop dat die sluitingsdatum vir inskrywings Vrydag, 9 Maart 2018, is. Die koördineerder is Mev. Elzette Hamman.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *